Ads




    Ads

Jak De Priester

Jak De Priester

Jak de Priester performed at the Huisgenoot Skouspel at Sun City’s, South Africa Superbowl in 2004 and 2005. While in Standard 9 he met Johan van de Walt who came to teach drama at his school. During his metric year, Johan gave him the opportunity to write a play for entry into the ATKV competition. The play was titled, Nr. 10. Was one of the guests in 2005 at Nataniel’s international debut show at the Royal Albert Hall in London. Wrote and sang the theme song for the Afrikaans television series Binnelanders on M-Net.

Van kindsbeen af het Jak de Priester geen geleentheid gemis om op die verhoog te wees nie. Toneel, sang, voordra van gedigte op kunswedstryde en toesprake het hom van kleins-af die adrenalien laat ervaar van hoe dit is om voor mense op te tree. In die Vrystaatse dorp, Parys, het hy sy skooljare met passie deurgebring en alles gedoen van sport tot kultuur tot akademie.

In sy standerd 9 jaar ontmoet hy Johan van de Walt; wat Drama by die skool kom afrig het. ‘n Snaakse man met lang hare en ‘n bulderende stem, maar ‘n mens wat ‘n standerd nege seun se lewe verander het.

Jak het van kleins-af geweet hy kan toneelspeel en bietjie sing, maar nooit geweet dat êrens in hom skuil ‘n skryftalent nie. In sy matriek jaar, gee Johan hom die opdrag om die teks te skryf vir die skoolse toneelgroep wat aan die ATKV se tienertoneelkompetisie sou deelneem. Al wat Jak tot op daardie stadium in sy lewe geskryf het was opstelle en briewe in Afrikaans en Engels, as vak op skool en omdat dit nog altyd vir hom moeilik was om nee te sê, neem hy die taak toe wel op hom.

So skryf hy sy eerste toneelstuk, getiteld “Nr. 10” , wat handel oor wit kinders wat noodgedwonge in ‘n plakkersgemeenskap moes gaan woon. Die Vrystaatse skoolgroep oortref alle verwagtinge en stof honderde skole oor die land uit om in die finaal in Kaapstad te gaan deelnaam. Jak ontvang daardie aand ‘n penning vir die beste speler en ook vir sy nuutgeskrewe teks. Maar, dit was nie net ‘n ronde, goue muntstuk en ‘n sertifikaat wat hy daardie aand ontvang het nie, hy het ook die geskenk en geloof in homself ontvang om te kan skryf en te wil skryf.

Op daardie stadium het hy net geweet dat skryf en die verhoog deel gaan uitmaak van sy toekoms,maar hoe, waar en wanneer sou vrae wees wat eers later in sy lewe beantwoord sou word.

Nadat hy tale studeer het aan die Universiteit van Pretoria, asook HOD met Duits en Afrikaans as onderrigvakke, gaan werk hy in Londen, waar hy Duits en Frans as vakke aanbied. Duits, oordat dit is waarin hy opgelei was en Frans oordat hy moes! Tydens ‘n vakansie in Europa,raak hy betrokke by kinderteater in Holland en woon vir ‘n ruk in Purmerend, Amsterdam waar hy saam met die geselskap toer.

Die teaters in Europa, Londen se West End en die kuns en musiek oral met sy reise, inspireer hom om sy eerste eenman vertoning in Holland te skryf, getiteld “Underground” wat in 2002 by die KKNK te sien was en in teaters oor die land.

Dit was ‘n musiekteaterstuk wat oor die wel en weë van ‘n jong traveller in Londen en Europa handel. Later daardie jaar wen hy die ATKV Crescendo kompetisie en kry finansieel die geleentheid om sy eerste album, Getiteld “Sally Williams Nougat” op te neem, wat in die Aula bekendgestel is.

Daarna maak hy ook sy tv-debuut op SABC 2 Geraas en ‘n profiel op Kyknet se Kwela in einde 2002. Musiekvideo’s word van die liedjies “Sally Williams Nougat”, “’n Lottokaartjie in Sunnyside” en “In die hitte van die oomblik” gemaak en ook van sy liedjie getiteld “Kerkorrel” wat as deel van die Kerkorrel Special uitgesaai was ‘n jaar na Kerkorrel se dood.

Jak het ook almal verras en die Geraas Musiek Toekenning vir Beste Nuweling vir sy debuut album ontvang. In 2003 neem hy sy tweede produksie, “Strate is nie stom nie” na die KKNK toe en speel in teaters oor die land. Jak de Priester in “Soul-o performance” was sy derde verhoogproduksie en was ook te sien by KKNK en ander kunstefeeste en teaters oor die land.

Sidebar